Then Now

Then Now

Friday 6 July 2018

Declaration of War/ Oorlogsverklaring -


Ek is ‘n Boer (ek het nie ‘n plaas nie, maar verduidelik hieronder). Dit is met kommer dat ek die aanval op my volk die afgelope jare sien ontwikkel en ontvou. Dit is niks nuuts nie, ons volk is gebore in konflik, maar die stadige oorlog waarin ons tans gewikkel is, is anders. Dit is ‘n stille aanslag wat dreig om te lei na die totale uitwissing van my mense, ‘n stelselmatige volksmoord wat haarfyn beplan en met militere presisie uitgevoer word.

My volk het geslaap en was onbewus van die felheid van die vyand se aanslag. Ons volk is blykbaar so gewoond aan vervolging dat ons die moord van duisende nogsteeds sien as ‘n integrale deel van ons bestaan in Afrika. Maar my mense is besig om te ontwaak, en ek sien met blydskap hoe hulle bewusword van die bedreiging!

Dit gaan ook gepaard met ‘n herlewing van belangstelling in ons geskiedenis (die ware verloop van die land se bestaan, en nie die leuens en halwe waarhede wat die regering voorhou en op skole geleer word nie), en ‘n trots op wie en wat ons is. Dit is dus sekerlik gepas om te sê, vir die rekord, wat dit behels om “Boer” te wees. Ja, ‘n Boer is weliswaar iemand wat landbou of veeteelt bedryf op ’n plaas, maar in konteks is die begrip heeltemal te eng.

Soos reeds verduidelik, het die boerevolk sy oorsprong in konflik en uit vervolging. Reeds in Europa het dit begin dat die hervormers vervolg is en nie hulle geloof vrylik kon uitleef nie. So het baie uitgewyk na die Suidpunt van Afrika as Duitse, Nederlandse en Franse protestante (onder andere) om hier ‘n lewe te kon leef gegrond op hulle beginsels,  vry van onderdrukking. Maar die gees van vryheid en uitlewing van eie oortuigings sou voortleef en die dryfrede word vir die voortrekkers om in die binneland ‘n bestaan te gaan maak. Altyd met die erkenning dat ander dieselfde reg op selfbeskikking en eie kultuur het (sien Piet Retief se Manifes).

Baie kan hiervan gesê word, maar wat hier ter sprake is, is dat enige blanke persoon wat hom vereenselwig met hierdie vryheidsgees, wat selfbeskikking en vrye uitlewing van ‘n eie kultuur voorstaan, wat hom identifiseer met die basiese beginsels wat boere gesinne oor die jare saamgesnoer het om die ideaal van ‘n eie land met alles wat daarmee gepaard gaan na te streef; dít is ‘n boer. Ons hedendaagse vyand verstaan die begrip nog breër – vir diegene wat sing, “kill the boer” is elke blanke persoon in hierdie Suidland van ons ‘n Boer wat uitgewis moet word.

Terug na die ontwaking van my mense – ja, daar is ‘n bewuswording, en ek is só dankbaar vir die goeie werk wat gedoen word in hierdie saak deur Afrikaner organisasies vir bewusmaking en internasionale steun wat gewerf word, mense wat hulle stem vind en openlik die ongeregtighede uitwys en begin om teenstand te bied. Máár, ek hoor my volk sing ‘n jammerlike lied, en dit gaan só: “De la Rey, De la Rey, sal jy die boere kom lei?” Soveel sê dat hulle SAL opstaan en veg tot die dood... Wanneer? As dit my en my gesin raak? En wanneer daardie tyd kom, sal dit ook weer gaan, want jy sal alleen staan en sal geen enkele ander kry om by jou te staan nie, want dit is nie SY gesin nie!

Die tereur veldtog en massa moord van my mense gaan onverpoosd voort, en nog ‘n weduwee, nog ‘n oupa, nog ‘n kind, nog ‘n jongman, staan bitterlik en ween by ‘n vars graf vandag terwyl ons wag vir ‘n generaal ridder op sy perd en ons eie mense werkloos in plakkerskampe vergaan van honger en nood, terwyl ons dit snags nie op ons strate kan waag nie en terwyl die vyand skreeu vir bloed en oneteiening sonder vergoeding (weet julle dat dit neerkom op diefstal?) Verstaan my nou mooi, De la Rey lê in sy graf (draai waarskynlik verskeie kere per sekonde daarin om na aanleiding van ons roep op sy leiding). Eugène Terre'Blanche het probeer om hierdie ridder te verteenwoordig, van sy perd afgeval, en ons het hom almal uitgelag. Vandag weet ons dat óns die belaglikes was...

Hier is nóg ‘n nuttelose geroep – die wat sê dat ons op die Here moet vertrou en bid en verder ons hande vou. Sê ek dat ons nie moet bid nie? NEE, allermins. Ons hulp kom van die Here, vertrou op Hom, bid jou knieë deur, maar doen dit met roer in die hand en bereidheid om  jouself te verdedig. Ek gaan geen sedepreek lewer oor al die geskrifte waar God sy mense in die stryd bygestaan het nie, nóg vertel hoe ons geskiedenis hierdie beginsel onderstreep nie. My mense ken die stories en sal weet waarvan ek praat.

Dit as inleiding. Só wat vra ek? Wat dink ek moet ons doen? Hits ek mense op om die wapen op te neem en gewelddadig af te maai wat voorkom? NEE. Ek sê eenvoudig dat ons aksie moet neem om onsself teen die aanslag te verdedig. Ook dat praat en doen twee wêrelde verwyder van mekaar is, en dat ons daadwerklik moet optree. Daarom bepliet ek dat elkeen wat hulle hiermee vereenselwig hierdie OORLOGSVERKLARING onderteken deur ‘n kommentaar te lewer met jou Naam, Van en Kontakbesonderhede (foonnommer of adres). Deur dit te doen dui jy jou steun van die dokument aan en verklaar jy jou bereid om te doen wat nodig is om uitvoering daaraan te bring.

Wat word hierdeur beoog? Die werwing van steun om (in samewerking met ander belangegroepe – ek wil geen nuwe beweging begin nie, ons versplinter as Afrikaners heeltemal te maklik) te organiseer en om daadwerklik aksie te neem ter verdediging, ondersteuning en opbou van ons Afrikaner Boere Volk [die begrip sluit Engelssprekendes en ander taal en kultuurgroepe in wat eensgesind is – onthou ons diverse herkoms en dat die boere nog nooit haatdraend was nie]. Dit sal verder verduidelik word in die verklaring hieronder (in kursief).

DIE OORLOGSVERKLARING:

Ons verklaar hiermee dat ons, die Boere nasie van blanke Afrikaners, in ‘n oorlog gewikkel is met elkeen wat verbaal, skriftelik of op enige ander wyse verklaar dat hulle ons wil doodmaak, uitwis, wederegtelik van ons eiendom ontneem op enige wyse – insluitende verandering van die grondwet om uitvoering te gee hieraan. Hierdie verklaring behels nie die organisering of ondersteuning van massa geweld of vyandige aksies nie, maar is die erkenning van sodanige aksies deur die wat ons vyandig gesind is, en ons erken dus slegs die oorlogsverklaring van diesulkes en dat ons hulle dreigemente met erns bejeën. Dit het noodsaaklik geword, in die lig dat die internasionale samelewing daarvan kennis kan neem dat ons in sodanige oorlog gewikkel is, dat ons onsself sekere regte toeëien met betrekking tot internasionale herkenning van krygstoestande met die praktyke en protokol wat daarmee gepaardgaan. Na aanleiding hiervan lig ons graag die volgende onder meer uit as regte wat ons onsself toeëien:

  1. Die reg om onsself en ons eiendom te verdedig teen die vyand – Dit sluit in die opleiding, toerusting en bewapening van ‘n burgermag om weerstand te bied teen vyandighede en die georganiseerde beplanninig van aksies om weerstand te bied en ons mense te verdedig teen die aanslag. Dit sluit ook in die befondsing van sulke aksies, van welke bron dit ookal bekom mag word.
  2. Die reg om voorkomend op te tree – Dit sluit in die inwin van inligting, identifisering van bedreigings en voorkomende aanslag op geselekteerde teikens wat beplan of daadwerklik besig is met offensiewe optrede teen ons mense.
  3.   Die reg om ekonomiese steun en hulp aan ons mense te verskaf – Dit sluit in (in die “Helpmekaar” gesindheid) die skep van geleenthede eksklusief ter ondersteuning van ons groepering, hulp uitsluitlik aan diesulkes en onttrekking van steun aan enige groepering wat op enige wyse teen ons groepering diskrimineer, hulle onderdruk of geleenthede ontsê (enige swart bemagtiging wat nie gelyke bemagtiging van blankes op grondvlak bewerkstellig en gelyke geleenthede op meriete aan alle werknemers verskaf nie, word hierby ingesluit).
  4.  Die reg om ‘n eie kultuur te vestig en eie sosiale norme na te volg – Dit sluit in die skepping van kultuurorganisasies, sosiale klubs en organisasies, skole en universiteite en ander organisasies wat uitsluitlik ons groepering bedien op ‘n basis en volgens standaarde en beginsels wat eie aan die groepering is. Dit omvat ook die beskerming en bewaring van kultuur-eie artefakte, geskiedkundige terreine, en ander toepaslike gebruike, voorwerpe, ens.
  5.  Die reg om samekomste of vergaderings te reël ter navolging van hierdie genoemde doelwitte – Ons ontken die reg van die regering om enige vreedsame vergadering of byeenkoms te ontwrig, onwettig te verklaar of die nodigheid om sulke vergaderings en byeenkomste te verklaar, toestemming te verkry of in die geheim te reël.
  6.  Die reg op aanspraak tot kryg status vir enige persone in aanhouding met betrekking tot enige verwante aksies – Dit sluit in internasionale erkenning en behoud van relevante krygswette en verdrae, ook by verhore.
  7. Die reg om hierdie verklaring te onwikkel, aan te pas en uit te brei soos vereis en van toepassing. 
  8.  Die reg om steun te werf, insluitend finansiële bydraes.
 *  Let Wel: Hierdie regte is deur ons konstitusie gewaarborg.
 
Hiermee pleit ek dat elkeen by wie hierdie verklaring aanklank vind dit versprei en steun werf daarvoor. As ons genoegsame steun werf kan ons aksies begin om aktief ons boere op die plase (stedelik ook) te steun, te beskerm en ook te hulp te snel wanneer plaasaanvalle gebeur. Wat inligting kan inwin en ondersoek instel soos nodig waar die polisie dit nie kan of wil doen nie. Opleiding verskaf aan ons mense om hulself te kan bewapen en verdedig. Internasionale steun en hulp verkry. 

Dit alles deur organisasies wat meestal reeds in plek is.
Wees jy vandag jou familie se De la Rey en neem die leiding om ons mense te verdedig. Dit gaan durf, moed en ‘n prys kos, maar ons voortbestaan is op die spel. As jy nie saamstem nie, bly eenvoudig stil en bly hier weg. Ons sal jou nogsteeds verdedig as ons kan.

Boere Groete,
Daryl Bredenkamp

Declaration of War/ Oorlogsverklaring -

Ek is ‘n Boer (ek het nie ‘n plaas nie, maar verduidelik hieronder). Dit is met kommer dat ek die aanval op my volk die afgelope jare sien...